Agribank se biomassa-finansiering is uitstekende plan

Reaksie word ontvang op die aankondiging dat lede van die publiek nou kan aansoek doen by Agribank vir finansiering vir die biomassa waardeketting-skema wat die bank ontwikkel het. Die skema laat toe dat bosbenutting en –beheer van die plaas tot by die eindproduk finansiering kan ontvang. Michael Degé, die bestuurder van die Namibiese Houtskoolvereniging, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.