Varkvleistekorte en die restaurantbedryf onder die loep

Namibiese restaurante het tans nie genoeg varkvleis om te bedien nie. Die bemarkingsbestuurder van die Vleisraad van Namibië, Desmond Cloete het bevestig daar is ‘n tekort aan varkvleisprodukte in die land weens bek-en-klouseer in Suid-Afrika. Volgens hom ondersteun die plaaslike varkboere net sowat 50 persent van die binnelandse verbruik. Kosmos 94.1 Nuus het met Terry Jenkinson van die Silver Spoon Hospitality Academy gepraat oor hoe dit Namibiese restaurante beïnvloed.