Kommer oor langdurige skorsings teen volle betaling

Die Staatsdienskommissie in Suid-Afrika het sy kommer uitgespreek oor die skorsing van staatsamptenare. Volgens die kommissie bestee die ANC-regering te veel geld deur geskorste staatsamptenare ten volle te betaal. Die voorsitter van die kommissie, Somadoda Fikeni, sê dit het gelei tot ‘n gebrek in die regering se bestuur van dissipline. Die kommissie werk nou saam met die Departement van die Staatsdiens en Administrasie om strategieë te ontwikkel wat kan bydra om die probleem te bestuur: