Vertraagde matriek-uitslae in SA kan groot impak op kinders hê

Opvoedkundige sielkundiges in Suid-Afrika doen ‘n beroep op die 2022 matrieks en hul ouers om kalm te bly terwyl hulle op hul uitslae wag. Die matriekuitslae sal na verwagting komende Donderdag bekend gemaak word. Amptenare sê egter meer tyd word benodig om die punte behoorlik te ontleed. ‘n Opvoedkundige sielkundige, Jessie-Anne Bird sê indien die bekendmaking van die uitslae vertraag word, kan dit geestesgesondheidsprobleme vir leerders veroorsaak en hul tersiêre opleiding ontspoor: