NLU verwelkom byeboere

Die Namibiese Landbou-unie verwelkom die Byeboerdery-vereniging as lid. Byeboerdery in Namibië bestaan al meer as 100 jaar met beide tradisionele en moderne byeboerdery-metodes. Die vereniging is twee jaar gelede gestig tydens ‘n vergadering van die Namibiese omgewingsministerie. Dit het sedertdien ontwikkel tot die eerste geregistreerde nasionale organisasie vir byekunde in Namibië. Dit is ‘n vrywillige, nie-winsgewende burgerlike organisasie met al die wetlike en finansiële registrasievereistes en dokumentasie.