Vanjaar se Twintig20-Wêreldbekertoernooi vir mans gaan skynbaar op 17 Oktober plaasvind

Krieket: Vanjaar se Twintig20-Wêreldbekertoernooi vir mans gaan blykbaar op 17
Oktober in die Verenigde Arabiese Emirate begin en die eindstryd word op 14
November gespeel. Dit begin slegs ‘n paar dae na die einde van die uitgestelde Indiese
Premiersliga teen ongeveer 15 Oktober. Sestien spanne sal aan die eerste ronde
deelneem en twaalf sal deurdring na die Super12’s. Die toernooi sou oorspronklik in
Indië plaasvind, maar is blykbaar verskuif weens die verwoesting wat Covid-19 in die
Asiese land saai.