Stad Windhoek het ‘n ooreenkoms goedgekeur om grond aan NamPower te verhuur

Die Stad Windhoek het ‘n ooreenkoms goedgekeur om grond
aan NamPower te verhuur vir die konstruksie van ‘n nuwe substasie vir Windhoek. Die
gebied wat vir die nuwe substasie geoormerk is, is ‘n gedeelte van plaas 508, Havana.
Ten einde NamPower die geïdentifiseerde terrein te laat beset en met die konstruksie
van die substasie te begin, sal hulle ‘n huurbedrag van slegs een Namibiese dollar per
maand aan die stad betaal totdat die oordrag van die perseel afgehandel
is. Stad Windhoek se woordvoerder Lydia Amutenya verduidelik aan Kosmos 94.1
Nuus.