Vandag word die Internasionale Dag vir Armoede-uitwissing gevier

Vandag word die Internasionale Dag vir Armoede-uitwissing by die VN Plaza in Katuturua in die hoofstad herdenk. Verrigtinge vind vanmiddag van twaalf-uur  af tot drie-uur plaas.Daar gaan ook ‘n optog van twee punte in Katutura, Soweto Market en Groot Winkels, langs Onafhanklikheidsrylaan gehou word. Die hoogtepunt van die vierings is die bekendstelling van die burgerlike samelewing se manifes vir armoede-uitwissing.