Daar is 65 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig

Die Namibiese ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 65 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Windhoek en Eenhana het 12 elk, Gobabis 10, Oshakati 7, en Outapi en Oshikuku 5 elk. Die res kom landwyd voor Daar is op die oomblik steeds 907 aktiewe gevalle, met 123 847 wat reeds herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal van 128 304. Die totale sterfgevalle staan op die oomblik op 3 538.