Reaksie op gyselaarsdrama in Tshwane

Die  Suid-Afrikaanse minister van Verdediging en Militêre Veterane, Thandi Modise, is nie van plan om die aanklagte teen 56 militêre veterane terug te trek wat in hegtenis geneem is ná Donderdag se gyselaarsdrama in ‘n hotel in Tshwane nie. Sy gaan egter ‘n ondersoek van stapel stuur oor kwessies wat weermag-veterane raak, soos befondsing, maatskaplike hulp en voordele.  Modise, haar adjunk, Thabang Makwetla, en die minister in die Presidensie, Mondli Gungubele, is teen hulle wil deur ‘n groep genaamd die Liberation Struggle War Veterans aangehou. Dit het gevolg na ‘n vergadering om hulle griewe te bespreek.