Vandag, 54 jaar gelede, het Boeing by JG Strydom geval

Dit is vandag 54 jaar gelede wat die SAL se Boeing 707, vlug 228, wat op pad was na Heathrow in Londen, neergestort het kort na hy opgestyg het by die ou JG Strydom, nou Hosea Kutako Internasionale Lughawe. Daar was 46 passasiers wat in Windhoek aan boord van die vlug gegaan het, en om tien voor nege daardie aand het die vlug opgestyg. Teen 650 voet het die vliegtuig afgeplat en begin daal. Vyftig sekondes na die vlug opgestyg het, het hy neergestort en 123 mense, wat die bemanning insluit, is dood met vyf wat oorleef het. Die vliegtuig was ‘n skamele ses weke in gebruik. Verslaggewers op die toneel het destyds gesê almal, reddingswerkers ingesluit, het gesukkel op die glibberige oppervlak, nie net omdat die brand geblus moes word nie maar, die vliegtuig het ‘n vrag avokado’s gehad wat bestem was vir die Londense mark. Die oorsaak was ‘n menslike fout.