Miljoene uitbetaal vir mens-dier konflik verlede jaar 

Die Namibiese omgewingsministerie het 590 gevalle van mens-dier konflik in 2021 aangeteken en 3,5 miljoen Namibiese dollar aan 46 bewaringsgebiede in die verband uitbetaal. Dit sluit 700 000 dollar die 360 gevalle van skade aan landerye, 1,2 miljoen dollar vir 206 stuk vee wat deur roofdiere gevang is, 140 000 dollar aan 14 persone wat beseer is deur wilde diere en ‘n miljoen dollar vir tien gevalle waar mense deur wilde diere doodgemaak is. Die betalings vorm deel van ‘n kompensasie-skema sou boere genoeg maatreëls toepas om konflik te vermy.