Van wanneer af is ‘n tier ‘n troeteldier?

‘n Dierewelsynsorganisasie in Suid-Afrika wat hom op groot katte toespits sê talle mense het hul kommer teenoor die organisasie uitgespreek oor ‘n tier wat in Boksburg in die Ekurhuleni-metro aan die Gautengse Oos-Rand aangehou word. Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings het die eienaar reeds gewaarsku. Die direkteur van Four Paws, Fiona Miles, sê tiere geniet nie enige beskerming ingevolge Suid-Afrikaanse wetgewing nie, al word dit as ‘n bedreigde spesie beskou. Sy sê dit is veral die geval in Gauteng, waar sulke talle gevalle voorkom waar dié diere in private besit is: