Van Tonder sê hy gaan wen

Die Suid-Afrikaner Daniel van Tonder glo hy kan vanjaar die Limpopo Kampioenskap op die Euphoria-gholflandgoed by Modimolle wen. Van Tonder is een hou voor nóg ‘n plaaslike speler, Neil Schietekat, en Niklas Moller van Denemarke, ná ‘n onvoltooide eerste ronde. Spel is gistermiddag gestaak toe dit te donker geword het om klaar te maak. Hulle sal die eerste ronde vanoggend voltooi. Van Tonder sê hy sien uit na ‘n goeie paar volgende toernooie: