IMF sê klimaat kelder ekonomiese groei

Die Internasionale Monetêre Fonds sê sentrale banke, ministeries van finansies en die finansiële sektor moet besef dat klimaatoorwegings ‘n belangrike ekonomiese kwessie is wat groei en welvaart op die lang termyn sal beïnvloed. Klimaatsverandering is steeds wêreldwyd ‘n duidelike teenwoordige bedreiging. Die besturende direkteur van die IMF, Kristalina Georgieva, sê die fonds het die finansiële veiligheidsnet versterk deur toegangsperke vir noodfinansiering te verhoog om lande by te staan met natuurrampe indien dit nodig sou wees.