‘Jy kan nie ‘n woord glo wat Putin sê nie’

Reaksie word ontvang op berigte dat Rusland sê hy het bewyse dat die sogenaamde vermoorde burgerlikes wat in Bucha gevind is, deur Oekraïnse magte so beplan is. Terwyl daar vrae is oor die tydlyn van drie tot vier dae na die Russiese troepe die gebied verlaat voor die burgerlikes gevind is, en Bucha is so groot soos Okahandja, stem Sir Andrew Wood, ‘n voormalige Britse ambassadeur in Rusland nie saam nie. Hy sê hy sal nie ‘n enkele woord wat uit President Vladimir Putin se mond kom, glo nie.