Valke slaan toe op dwelmfabriek in Vereniging

Die Valke in Suid-Afrika het groot sukses oor die naweek gehad en twee verdagtes sal na verwagting vandag in die Vereniging-landdroshof in Gauteng verskyn. Hulle word aangekla van onwettige dwelmhandel ter waarde van 2,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die Valke het inligting oor ‘n dwelmfabriek in die Vereniging-gebied opgevolg. ‘n Woordvoerder, Ndivhuwo Mulamu, sê die span se ondersoekwerk het vrugte afgewerp: