Richelieu Eagles beklink weer oorwinning

Die Richelieu Eagles het op 179 vir 4 in 33,5 boulbeurte teen 5.29, gister by die Wanderers-veld die vierde wedstryd van die Castle Lite eendagreeks met ses paaltjies teen die Ierse Wolwe gewen. Die Wolwe het 178 lopies in 47,3 boulbeurte aangeteken. Die Namibiese span het nou die voorsprong met 2-1 in die reeks. Die twee spanne vat mekaar weer môre aan.