Vyf verkragtings die naweek aangemeld

Daar is vyf verkragtings oor die naweek aangemeld. Volgens die misdaadverslag van die Namibiese polisie is die jongste slagoffer 12 jaar oud en die oudste 25. In een geval, op Katima Mulilo, is daar in die 22-jarige vrou se huis ingebreek om haar te verkrag. Op Mariental sê Nampol is ‘n 20-jarige vrou by die begraafplaas verkrag deur wat die polisie beskryf as ‘n bekende verdagte. Die mag voeg by dat in daardie geval duur die ondersoek nog voort en niemand is in hegtenis geneem nie. Die slagoffer het aan die Mariental polisie gesê dat sy van ‘n troupartytjie wat by die verdagte se huis gehou is, gekom het toe hy haar in die begraafplaas ingedwing het en verkrag het.