Valke ondersoek aansporingskema in Noord-Kaap

Die DA in die Noord-Kaap verwelkom die ondersoek deur die Valke na die aansporingskema van die Sol Plaatjie plaaslike munisipaliteit. Volgens ʼn woordvoerder van die DA, Chris Whittaker, sluit dit die owerheid se Kimberley Aansporingsnetwerkvereniging in asook die gevolglike instandhouding van inisiatiewe om skuld af te skryf. Hy sê dit sluit ‘n ooreenkoms met ‘n private maatskappy in vir die instandhouding van die Homevale-afvalwatersuiweringsaanleg.