Iran hang tweede man in openbaar 

Iran het vandag ‘n tweede man binne ‘n week in die openbaar gehang nadat hy vroeër skuldig bevind is ween sy optrede tydens die voortslepende betogings oor die land heen. Die 23-jarige Madjid Rhanaward is in Masjhad terggestel. Hy is 23 dae tevore in hegtenis geneem terwyl hy glo uit die land probeer vlug het. Hy is kort daarna skuldig bevind daaraan dat hy twee lede van die veiligheidsmagte op 17 November in Masjhad doodgesteek en nog vier beseer het. ‘n Revolusionêre hof het Rahnaward skuldig bevind en ‘n hoër hof het sy doodsvonnis bekragtig. Die 23-jarige Mohsen Sjekari is ook verlede Donderdag in die openbaar gehang.