Vakbondleier kla ook oor NamRA se heffings

Die deurwinterde vakbondleier, Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers stem saam met die aanmerkings van die uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid, Charity Mwiya. Sy het uitgevaar het teen die implementering van wette en regulasies wat dit moeilik maak vir klein ondernemings om te floreer, en het melding gemaak van nuwe heffings wat NamRA wil instel. Muniaro sê dit is ook die terugvoer wat hy op grondvlak ontvang.