Swart aktriese in nuwe Little Mermaid lok hewige reaksie uit

Disney se jongste weergawe van The Little Mermaid is in omstredenheid gehul. Die rolverdeling van die swart aktrise Halle Bailey het wyd reaksie uitgelok en die lokprent wat op YouTube beskikbaar is het 1,5 miljoen afkeure ontvang. YouTube het die opsie later verwyder. Terwyl Disney se herverwerkings van ouer rolprente gereeld kritiek van nostalgiese aanhangers ontvang, is die reaksie hierdie keer deursigtig rassisties, met al die negatiwiteit wat gemik is op die rolverdeling van ‘n nie-blanke aktrise om die rol van die meermin te speel. Maar, sosiale kommentators maak melding van die feit dat kinders wêreldwyd, ongeag hulle ras, die rolprent met Bailey in die hoofrol verwelkom en dat dit die volwassenes is wat oor ras baklei. Hulle meen die rolprent is immers op kinders gemik.