Aug-inflasie: So lyk voedselpryse

Volgens die jongste inflasie syfers, die vir Augustus, het olies en vette met 26,1 persent gestyg met vrugte wat 20 persent duurder is. Brood en grane is op met 9,8 persent terwyl suiker-produkte en koffie en tee, met 9,7 persent gestyg het. Koeldrank is 7,9 persent duurder en groente 7,2 persent. Suiwelprodukte en eiers is op met 6,7 persent terwyl vis 5,4 persent duurder is en vleis, 5,2 persent. Die skerp styging in olie is volgens die Suid-Afrikaanse Mededingendheid kommissie nie as gevolg van die oorlog in Oos-Europa nie. Die kommissie het onlangs bevind dat rolspelers in die Suid-Afrikaanse waardeketting die oorlog uitgebuit het. Sonneblomsaad se prys is ook stabiel.