Vakbondkongres van Namibië maan teen gedwonge inentings

In die buurland sal Solidariteit werkgewers wat werknemers ontslaan weens hul keuse om nie ingeënt te word nie, voor die hof daag. Mahongoro Kavihuha, sekretaris-generaal van die Vakbondkongres van Namibië, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê sy vakbond sal met enige werkgewer afreken wat hul lede dwing om ingeënt te word. Dit is elke Namibiër se keuse om ingeënt te word of nie.