Kaapse parlement se brandverslag binnekort bekend

Die parlement in Kaapstad sê verlede jaar se brand sal jare lank bly vassteek in die gedagtes van Suid-Afrikaners. Dit het ‘n deel van die Nasionale Vergadering in puin gelê. Dit sluit die Raadsaal in waar sittings gehou word asook dele van die Ou Raadsaal. Na berig word, is die dele wat geraak is, steeds in puin. Volgens die woordvoerder van die parlement, Moloto Mothapo, sal die herstelwerk wat gedoen is, binnekort onthul word.