Vakbonde is vies oor Psemas-besnoeiings

Reaksie word ontvang van vakbonde oor die aankondiging dat daar besnoeiings by die staat se mediese fonds Psemas ingestel sal word. Volgens die minister van finansies Ipumbu Shiimi sal die aanpassings 1 miljard Namibiese dollar in die volgende twee boekjare bespaar. Shiimi sê daar sal hervormings aan die voordeelstruktuur van die skema gedoen word. Volgens Petrus Nevonga, hoofsekretaris van die Namibiese Openbare Werkersunie, Napwu, moes Shiimi vakbonde geraadpleeg het, veral oor die voordele van staatsamptenare. Nevonga sê daar is erkenningsooreenkomste tussen Napwu en Nantu en die regering en dus, kan eensydige besluite nie geneem word nie.