Publiek kan insette lewer op databeskermings-wetsontwerp

Die Namibiese inligtingsministerie het lede van die publiek sowel as rolspelers uitgenooi om insette te lewer oor die nuwe databeskermings-wetsontwerp. Insette word tot 30 November verwelkom. Die regering sukkel reeds amper tien jaar om die wetgewing, wat ‘n owerheid daar sal stel, op die been te bring en deur te voer. Frederico Links van Action Coalition het die nuus verwelkom.