Ministerie sê hoë stropery-getalle is kommerwekkend

Daar is tot op hede 61 renosters in die land vanjaar gestroop. Dit vergelyk uiters sleg met 44 wat verlede jaar aangeteken is. Daar is gerugte dat sindikate betrokke is. Die jongste voorval was naby Seeis waar twee witrenosters oor die naweek gestroop is na ‘n witrenosterbul die vorige naweek ook in die Windhoek-distrik vir sy horing geskiet is. Die omgewingsministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda sê alles word in die stryd gewerp om ‘n doeltreffende strategie te ontwikkel om die misdaad te bekamp.

Hy sê die getalle beteken nie dat die ministerie en die owerhede nie hulle werk doen nie. Hy verduidelik.