Dialise-eenhede by Namibiese staatshospitale uitgebrei

Die Namibiese gesondheidsministerie is van voorneme om dialise-eenhede in die staatshospitale van Windhoek Sentraal en Oshakati te vestig, sowel as in die staatshospitale op Keetmanshoop, Swakopmund, Rundu en Katima Mulilo. Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het in die parlement verduidelik dat die private verskaffers vir dialise hoofsaaklik in Windhoek, Katima Mulilo, Keetmanshoop en Ongwediva is. Shangula sê daar word  tans voorsiening vir beperkte dialise in die Windhoek Sentrale Hospitaal en die Oshakati-staatshospitaal gemaak, maar dat die ministerie besig is om ‘n landwye dialise-program te implementeer.