Vaartuig met stralerbrandstof het in Kaapstad aangekom

Die Lughawensmaatskappy Suid-Afrika sê hy het die Kaapstadse Internasionale Lughawe se reserwevoorraad van stralerbrandstof verhoog. Acsa se woordvoerder, Gopolang Peme, sê die vaartuig met die vrag stralerbrandstof, het aangekom. Hy sê sodra die gehalte getoets is, sal die brandstof in die raffinadery ingepomp word. Peme sê die maatskappy is vol vertroue vlugte sal volgens die normale rooster kan voortgaan.