Erling Haaland is voorste doelskieter 

Sokker: Die nuwe superster-doelskieter, Erling Haaland, beïndruk steeds. Die 22-jarige van Noorweë is die voorste doelskieter in sy eerste seisoen in die Engelse Premierliga, met 14 doele in agt wedstryde vir Manchester City. Sy jongste sukses was tydens die groot Manchester-derbie teen Man United, waar Haaland ‘n driekuns behaal het. Die spanbestuurder, Pep Guardiola, sê die Noorweër beskik oor ‘n ongelooflike natuurlike talent.