Meatco dui sy besparingsmaatreëls aan

Meatco het tydens sy jaarvergadering op Otjiwarongo verskeie besparingsmaatreëls aangedui. Administratiewe koste het met twee persent van 167 miljoen Namibiese dollar tot 163 miljoen dollar verminder. Werklike besparing, as gemiddelde inflasie van vier persent in ag geneem word, beloop ses persent. Meatco sê geen salarisverhogings is vir die afgelope twee jaar aan senior en middel bestuur aangebied nie. Maandelikse salarisse verminder van 14 miljoen dollar in 2018 tot 11 miljoen dollar in 2022. Meatco se totale personeelkorps is verminder van 975 in 2018 tot 738 in 2022 en permanente personeel is verminder van 826 in 2018 tot 577 in 2022.