Uvalde polisiehoof eenparig afgedank

’n Polisiehoof wat daarvan aangekla word dat hy gefaal het in die reaksie op die noodlottige skietery in Mei van 19 skoolkinders en twee onderwysers in Uvalde, Texas, is afgedank. Die plaaslike skoolraad het eenparig gestem om Pete Arredondo, wat sedert Junie met administratiewe verlof was, af te dank. Gewapende polisie het meer as 77 minute by die gebou gewag voor hulle dit bestorm het en kinders, almal in graad 4, het doodgebloei. Die skoolraad het van talle lede van die publiek gehoor, insluitend een van die skoolkinders wat oorleef het.