Britse oupa wat droogte ken, het voorsorg getref

‘n Twee-en-tagtigjarige afgetrede onderwyser in Brittanje, Peter Harden, het sy eerste reënwater-opgaartenks aangebring na die beroemde Engelse droogte van 1976. Harden kan aanhou om sy tuin nat te maak, ondanks die Britse regering se onlangse verbod op die natmaak van tuine met ‘n tuinslang in die weste van die land. Hy woon reeds vir 52 jaar in sy rondawel en berg reënwater vir die afgelope byna 50 jaar. Met 6 000 liter reënwater beskikbaar, is sy werf die groenste in die omgewing.