Uvalde: 11 kinders bloei dood terwyl polisie wag

‘n Voorlopige verslag deur die Texas Huis se komitee wat die massaskietvoorval by die Robb Elementary-skool in Uvalde, ondersoek, skets ‘n reeks mislukkings deur verskeie wetstoepassingsagentskappe, en beskryf dit as ‘n algehele gebrekkige benadering deur owerhede op die toneel van die skietery waarin 21 mense dood is. Lede van die polisie het meer as ‘n uur gewag voor hulle enige aksie geneem het en in daardie tyd het 11 graad-4 skoolkinders doodgebloei. ‘n Lid van die komitee, Dustbin Burrows…

Hy voeg by dat daar geen bevelvoerder op die toneel was nie …

Die nuus kom net na nog ‘n skietvoorval by ‘n inkopiesentrum in Indianapolis. Drie mense is dood voordat ‘n gewapende lid van die publiek die skieter doodgeskiet het.