Amper 2 ton se kunsmis, onkruiddoder gesteel by Etunda

Die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag sê drie mans, tussen die ouderdomme van 24 en 29 sal vandag in die landdroshof op Outapi verskyn in verband met ‘n rooftog by die Etunda-groenskema. Die drie het volgens die mag net na vyf-uur Saterdagoggend by die skema se pakhuise ingebreek en kunsmis en onkruiddoder ter waarde van net minder as 69 000 Namibiese dollar gesteel. Die drie word volgens die mag met inbraak en diefstal aangekla, sowel as die oortreding van die wet in verband met georganiseerde misdaad. Die groep het amper 2 ton se goedere gesteel maar alles is teruggevind.