Utoni moet intree by Cheetah-staking

Die vise-president van die Namibia Economic Freedom Fighters Longinus Iipumbu vra dat die arbeidsminister Utoni Nujoma tussenbeide tree in die voortslepende staking by Cheetah-sement. Werkers by die fabriek naby Otjiwarongo staak reeds 57 dae. Werkers eis mediese fonds, pensioenvoordele en behuising. Volgens Iipumbu laat Nujoma die werkers in die steek. Die maatskappy se woordvoerder Tabby Moyo sê Cheetah-sement is steeds oop vir onderhandelings met die werkers. Volgens die Mynwerkers-unie van Namibië het Cheetah-sement intussen tydelike werkers aangestel wat teen stakingsreëls is. Daar is ook tans ‘n hofbevel wat verlede maand deur die Arbeidshof toegestaan is dat stakende werkers nie mag inmeng met die aanleg se bedrywighede nie. Daardie bevel is tot 12 September van krag.