Reaskie op Nust se aankondiging oor die deursit van studente (wat druip)

Die aankondiging deur die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie dat hy sy studente wat tussen 45 en 49 persent behaal het, sal laat slaag, het gemengde reaksie uitgelok. Volgens wat berig word, is die druipsyfer te hoog vir die bestuur se smaak en dus sal die groep studente bygestaan word om deur te kom. Sommige kenners sê dat standaarde nooit verlaag moet word nie maar, die Studente-unie van Namibië het die besluit verwelkom. Michael Mashindange, die unie se sekretaris vir onderwys het sy reaksie so verwoord.