USAID skenk 70 beddens vir agt staatshospitale

Die Amerikaanse regering het 70 beddens ter waarde van 700 000 Namibiese dollar vir intensiewesorgeenhede aan die Namibiese gesondheidsministerie geskenk. Die beddens sal na agt staatshospitale versprei word in Katutura, Rundu, Oshakati, Onandjokwe, Gobabis, Walvisbaai, Swakopmund, en Katima Mulilo. Die beddens is deur die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling, USAID, aangekoop deur die EQUIP Project, wat deur die Suid-Afrikaanse niewinsgewende organisasie “Right to Care, bestuur word. McDonald Homer, USAID se verteenwoordiger in Namibië ….