Etosha Nasionale Park kry nuwe elektrisiteitsmeters

Namibia Wildlife Resorts, NWR, en die omgewingsministerie het nuwe elektrisiteitsmeters in die Etosha Nasionale Park geïnstalleer. Die eerste fase van die elektriese werk is deur Cenored by Halali, Namutoni, Okaukuejo, Ombika en Lindequesthek in Augustus voltooi. NWR se Fransiska Nghitila, wat die projek gekoördineer het, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dieselfde sal later volg in die Waterbergplato, Von Bach en Daan Viljoen Nasionale Parke.