DA: Distrik 6 se ontwikkeling sloer

Die DA in die Wes-Kaap sê hulle pogings om die nasionale departement uit te nooi om die Permanente Komitee vir Menslike Nedersettings en die Distrik 6-gemeenskap ingelig te hou oor vordering met die ontwikkeling van die gebied, is verskeie kere verwerp. Daar was ‘n vertraging van sewe maande in die Hanoverstraat-fase, waar 108 eenhede steeds nie aan begunstigdes oorhandig is nie. ‘n DA-lid van die wetgewer, Mathlodi Maseko, sê prosesse is ingestel om eisers se stemme te laat hoor.