USAID help Oekraïnse boere

Amerika het ‘n ondersteuningsprogram van 1,7 miljard Namibiese dollar aangekondig vir boere wat geraak is deur die Russies-Oekraïnse oorlog. Die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling sal die fondse uitbetaal. Die agentskap beoog om landbou-uitvoere vanaf Oekraïne ‘n hupstoot te gee, nodige voorrade te voorsien om toekomstige oeste in stand te hou, en bedreigings vir wêreldwye voedselsekerheid te versag. USAID sê die geld sal Oekraïnse boere se toegang tot saad, kunsmis, toerusting en plaagdoders verbeter. Dit sal ook help om Oekraïne se infrastruktuur te verbeter en doeltreffende landbou-uitvoere te bevorder.