Wêreld-Atletiek sertifiseer Pilditch-stadion as Klas 1

Atletiek: Die Stad Tshwane sê Wêreld-Atletiek het die baan van die Pilditch-stadion amptelik as ʼn Klas 1-gerief gegradeer en gesertifiseer. Dit beteken die stadion kan internasionale en nasionale byeenkomste aanbied. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê Wêreld-Atletiek se stempel van goedkeuring volg op die stad se belegging in die opknapping en opgradering van die stadion.