Pandor: Vordering word gemaak in Lesotho en Eswatini

Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, sê vordering word gemaak met die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se bemiddelingspogings in Lesotho en Eswatini. Sy het gepraat op die 24ste vergadering van die ministeriële komitee van die SAOG se liggaam oor Politiek, Verdediging en Sekerheid-samewerking. Pandor sê die politieke en veiligheidsituasie in Lesotho is oor die algemeen kalm en bestendig. Die SAOG probeer ook om ‘n blywende oplossing te vind vir die uitdagings wat Eswatini in die gesig staar. Pandor sê daar word ook gepoog om die stryd teen terrorisme in Mosambiek te versterk.