US$381 000 vir Burger King werker ingesamel na 27 jaar se diens

‘n Video op TikTok het net meer 381 000 Amerikaanse dollar ingesamel vir Kevin Ford. Die 54-jarige Ford werk 27 jaar vir Burger King by ‘n Las Vegas-lughawe en het in daardie tyd, nie een skof misgeloop nie. Sy werkgewer het op sy 27ste herdenking, vir hom ‘n paar korporatiewe geskenke in ‘n Burger King ‘Goodie Bag’ gegee en hy het dit op sosiale media geplaas. ‘n Aanhanger het besluit dis ‘n klap in die gesig en het ‘n ‘GoFundMe’ rekening gestig. So is die geld ingesamel.