Ivana Trump se dood ‘n ongeluk

Die staatspatoloog in New York het bevind dat Ivana Trump se dood ‘n ongeluk was. Trump, 73, was die eksvrou van die voormalige Amerikaanse president Donald Trump. Sy is Donderdag in haar Manhattan-woonstel dood na sy op die trappe geval het. Owerhede sê sy het traumabeserings aan haar bolyf opgedoen en geen vuilspel word vermoed nie. Sy en Trump was 15 jaar getroud en is die ma van sy drie kinders.