US$260m uit US$600m wat gebuit is, teruggegee

Kuberkrakers wat sowat 600 miljoen Amerikaanse dollar in kripto-geldeenhede gesteel het, het 260 miljoen Amerikaanse dollar daarvan terugbesorg. Die Blockchain-webtuiste Poly Network het gesê die fondse is Woensdagmiddag oorbetaal. Dit volg na Poly Network ‘n brief op Twitter geplaas en die kuberkrakers gevra het om die bates terug te gee. Dit is die grootste hoeveelheid kripto-geldeenheid tot dusver wat gebuit is. Die rede vir die terugbetaling is nie bekend nie.