Koalisie uiteindelik by Stad Whk gevorm

Daar blyk om uitdagings te wees in die bestuur van plaaslike owerhede wat nie deur Swapo beheer word nie. Die Affirmative Repositioning-beweging het reeds ‘n prokureursbrief aan die lynminister, Erastus Uutoni gestuur waar hy Uutoni beskuldig dat hy beheer oor die Windhoek-raad wil neem en die PDM-party sal vanoggend ook ‘n perskonferensie in die verband hou. Intussen wil dit voorkom as die koalisie-uitdagings in die hoofstad verby is. Die beweging sal saam met Nudo, die PDM en die IPC hulle koalisie-ooreenkoms onderteken. Die nasionale voorsitter van die IPC, Brian Black het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.