WGO toets 3 nuwe medikasies vir Covid

Die Wêreldgesondheidsorganisasie betree ‘n nuwe fase met sy Solidariteitsnavorsing waarin drie middels getoets word om te sien of dit die toestand van gehospitaliseerde Covid-19 pasiënte kan verbeter. Artesunaat, imatinib en infliximab is deur ‘n onafhanklike paneel kundiges gekies en sal op pasiënte in 600 hospitale in 52 lande getoets word. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê dit bly van kardinale belang om meer doeltreffende en toeganklike behandeling vir Covid-19 pasiënte te bekom, en hulle is trots om die wêreldleiers op die gebied te wees.